

LEMOENKOEK MET ROOM EN SJOKOLADE
3 eiers
1 koppie suiker
3 eetlepels gesmelte botter
¼ teelepel sout
1½ koppie koekmeel
1½ teelepel bakpoeier
¾ koppie melk
Klits eiers, voeg die suiker by en klits vir 4 min. Sif droë bestanddele saam en klits saam met die melk by. Voeg gesmelte botter en klits goed deur. Skep in voorbereide panne by bak 30 min oond 180ºC.
Stroop:
Kook die volgende saam:
2 koppies suiker
1 koppie water
1 eetlepel botter
2 eetlepels gerasperde lemoen skil.
Laat afkoel, voeg 1 koppie lemoensap by.
Giet die stroop oor warm die koek, laat heeltemal afkoel en versier met room en sjokolade.
Resep en foto – Elsabe Britz Vander Watt






