KITS-MIELIEBROOD
FOTO – Anette Scheepers
FOOD LOVOERS RECIPES
500 g bruismeel
5 ml sout
1 x blik geroomde suikermielies (410gr)
250 g pitmielies
2 eiers
60 ml melk
25 ml kookolie
Stel oond op 190ºC.
Smeer kleinerige broodpannetjie.
Sif meel en sout saam.
Voeg suikermielies by.
Klits eiers, melk en kookolie saam en voeg by.
Sny mielies en vloeistof met ‘n mes in tot goed gemeng.
Skep deeg in pan, maak bo-op gelyk en bak sowat 45 min of tot deur gebak.









Dankie vir die resep Linda…ek het dit al paar keer gemaak en dit is heerlik. Ek het gesnipperde gaar bacon by gevoeg…heerlik.