

“HOT DOG” TOEGEDRAAI IN MAALVLEIS EN SPEK
+/-4 worsbroodjies (rolletjies met rooiworsie in)
1 kg maalvleis
1 ui gekap
50 ml tamatiesous
15 ml aangemaakte mosterd
30 ml worcestersous
125 ml vars broodkrummels
1 eier
10 ml knoffel
Sout en vars gemaalde swart peper
125 g Repies spek Meng al die bestanddele, behalwe die spek saam.
Deel mengsel in 4 gelyke dele en rol elke deel groot genoeg uit om ‘n worsbroodjie te kan toemaak
Plaas die worsbroodjie binne in en rol toe.
Druk oral saggies stewig vas.
Draai of vleg die repies spek om die broodjies en plaas in gesmeerde panne. Bak by 180 °C vir 45 min. Bedien warm of koud met groente of slaai.
Resep: Vleibroodjie net aangepas – A Struwig






