HELEN SE ALL BRAN EN OATS BESKUIT
Dis uit my kop uit. Verander dit elke keer.
Basis is 1kg Bruismeel.
500g Stork bake gesmelt.
15ml Bak poeier.
3 Koppies suiker.
3 Eiers.
500g All Bran fyn gemaak.
Koppie Jungle oats.
500 ml Karringmelk. Opsioneel.
Koppie Sonneblom saad.
Koppie Cranberries gemeng met rosyntjies.
Gooi die gesmelte stork bake by die droe bestandele. Klits eier suiker en karringmelk en meng met die ander bestandele. Bak teen 250° F/ 100°C vir +-50min tot 1uur. Droog uit.
BRON – Helen Barnard