DALENE SE VINNIGE HEERLIKE MELKTERT
1 Liter melk
1 blik kondensmelk.
2 eiers geskei
3 eetl maizena
1 eelt vlapoeier
2 eetl botter
1 teel vanielje
1 pak tennisbeskuitjies
Kaneelsuiker
Metode
Verhit melk en kondensmelk saam.
Meng eiergele, maizena, vlapoeier met bietjie water.
Roer by melkmengsel en kook tot dit dik word.
Roer aanhoudend sodat dit nie brand nie (kondensmelk brand maklik)
Klits eierwitte tot styf en roer by melkmengsel in.
Roer botter en vanieljegeursel in.
Pak tennisbeskuitjies in bak en giet melktermengsel oor.
Strooi kaneelsuiker oor en laat afkoel.
Resep: Amanda Struwig (se sus)









Hierdie is my “go-to” resep om n vinnige melktertjie te maak. Ongelukkig kry ons nie vlapoeier hier in Amerika nie, so ek het net gewone vanilla kits poeding gebruik.