VERWYDER WATERMERKE VAN HOUT
Jimmy Smit
Hallo julle, jammer nie kos vraag. My Bediende het op my eetkamertafel gestryk, nou het dit wit mere gemaak. Hoe kan ek dit restore asb.
Hennie van Deventer
Smeer volroom melk op en los oornag. Werk
Charlene Swanson
Woolies se brand furniture polish met olyf olie en lemoen werk baie goed.
Charlene Swanson
Ook mayonaise vir enige wit kolle op hout werk goed
Rensche Nagel
Probeer braso op n lap my oolede ma het altyd dit gedoen as daar merke op ons meubels was
Elize Els
vryf dik botte en los
Bobby Rabie
Sit wit asyn op
Anna van der Baan
Sit n baie nat asynlap op en los
Michelle van der Vyver Smeer n dik laag vasiline op
Beatie Rossouw
Hierdie is nie ‘n foefie nie, Maak ‘n lap nat en stryk jou tafel met die nat lap, dis so mooi as die wit vlekke uit is gee dit dan polish, Ek het dit al met baie gedeel en dit werk rerig.
Louise Schoeman Pienaar
Gehoor mayonaise werk…probeer gou n stukkie. Smeer aan en laat n rukkie staan en vryf af. Laat weet of dit werk.
Yvonne Burger Ek het al merke op hout uitgehaal met skoen politoer, dit het gewerk!
Magda Van Der Merwe ag sorry , as ek so n ongelukkie kry , blaas ek dit net baie goed met my haerdroer , dit haal die vogtigheid uit die hout
Rita Olckers
Ek is ook so lief om groot goeters op my kombuistafel te stryk en kry ook maar vlekke…..Toe ek kind was was dit die plek waar geskryk is, met n strykkombersie onder en dan n ou laken en dan stryk jy alte lekker…onder mammie se streng supervisie, maar mammie is dood en ek is lankal groot…. Nouja, ek het nie n strykkombersie nie ek stryk die kingsize duvets op die tafel en kry dikwels vlekke. Dan gebruik ek “Woodoc, food for wood” Dis n meubel waks en is regtig baie goed, maar nie so goedkoop nie….Ek gaan van nouaf julle lieflike mense se rate volg, klink goedkoper en vindingryk….
Rudi En Tippie
Al vele kere merke uitgehaal met tandepaste en baie elbow ghries, net skoon tandepaste op n droee lappie en vryf vryf vryf, enige watermerke op hout
Sharron Dianne van Eeden
Brasso
Hazel Jansen
Brake fluid. Los laat hy staan.
Amanda Mathee Mare
Vat teak olie of die rooi meubel olieven smeer dik aan en los tot more. As jy dan afvryf behoort die wit weg te wees
Jimmy Smit
Beautie Beatie Rossouw jy is my ster vandag, gestryk met warm lap ken polish, kyk nou!!! Wow!!! Unreal!! Dankie meisie nou gan ek Lekke my braai eet op jou tafel!!









