VARK – SAMPIOEN EN PASTA PASTEI
500 g vark skenkel (of ander varkvleis) in blokkies gesny
125 g gekapte spek of gerookte worsies
1 gekapte ui
25 ml olyfolie
1 fyngemaakte knoffeltoontjie
300 g sampioene in skyfies gesny
125 g gaar pasta
sout en peper na smaak
125 ml wit wyn
125 ml groente aftreksel
ongeveer 50 ml sousverdikker soos bisto
25 ml dik room of plein jogurt
1 geklitste eier.
Pofdeeg of Slapdeeg. Ek het die slap lui huisvrou deeg gebruik. Sien link hieronder.
Braai die spek in die olyfolie en verwyder van die pot. Braai die vark, uie en knoffel in dieselfde olie tot goudbruin. Verwyder en braai dan die sampioene liggies tot gaar in dieselfde pot. Plaas die spek, vark en uiemengsel terug, voeg die wyn en aftreksel by en prut met ‘n digpassende deksel op tot die vark baie sag is. Voeg nog vloeistof by indien nodig en geur met sout en peper. Voeg die sampioene en sousverdikker by en prut verder tot die sous goed dik is. Roer gereeld in hierdie proses. Voeg die room of jogurt by, verwyder van die stoof en laat effens afkoel. Plaas die mengsel oor in ‘n pasteibak en bedek met die kors. Bak by 180ºC tot die kors reg is volgens die instruksies daarvan.
Nota: Die pasta is bygevoeg om die vleis bietjie te rek. Dit kan weggelaat word en meer vleis gebruik word, in welke geval dit dan net ‘n Vark en Sampioen pastei sal wees.
Link vir slap pastei kors: https://www.foodloversrecipes.com/…/die-lui-huisvrou-pastei…/
Bron: Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete








