

TUISGEMAAKTE ROOMYS
500 ml room
1 blik kondensmelk
‘n druppel vanilla
Klits die room styf en vou by die kondensmelk in. Voeg die vanilla by. Jy kan neute of sjokolade stukkies van jou keuse ook byvoeg of as jy hou van ‘n mint geur, mint sjokolade byvoeg.
As jy dit wil kleur kan jy ‘n druppel voedselkleursel bymeng.
Vou alles saam en giet in ‘n vries bestandte bak. Plaas in die vrieskas vir ‘n minimum van 6 ure.
Foto: Marietjie Nel







Ek het peanut brittle fyngemaak en cherries..gemeng. en buttershotch sous oorgegooi en gevries. Dis hemels. Baie beter as gekoopte roomys.
Marietjie Nel