TRACY SE LEKKER BROOD
Hier is ‘n resep wat ek gereeld gebruik.
1/4 kop suiker
2 Eetlepels aktiewe droë gis
2 koppies warm water
1/3 kop olie
2 tlp sout
4 -6 koppies meel
Die hoeveelheid meel gaan afhang van jou weer. Partykeer sal jy meer meel gebruik en ander tye minder. Meng alles goed saam. Begin met vier koppies meel, en voeg nog by as jou deeg te nat is. Sodra jou deeg lieflik en glad is sonder dat dit aan jou hande vas sit, dan gebruik ‘n bietjie olie op jou werks blad / spray en cook en begin knie.
Met die hand gaan dit jou enige iets van 10 – 20 minute vat, afhangend van hoe vinnig jy knie. Probeer om nie nog meel by te voeg as wat nodig is nie. Wat ek gewoonlik doen is om ‘n meng bak te smeer met ‘n bietjie olie. Dan vryf ek weer ‘n klein bietjie olie op my werks oppervlak en draai net die bak oor en sit dit oor die deeg en laat dit rys vir omtrent ‘n uur of tot dit verdubbel het. Met die resep het jy nie ‘n pan nodig nie. Ek free form dit deur dit uit te rol, en dan weer baie styf op te rol amper soos ‘n jam rol, en knyp dan die some toe, en laat dit op ‘n warm plek rys vir 30 minute. Sodra dit verdubbel is in grote, dan bak jy die broodtjie by 200 grade celsius vir 25 – 30 minute. Sodra dit uit die oond uit kom vryf dit met botter, en los tot dit heeltemal koud is voor jy dit sny
RESEP EN FOTO: Tracy Minny









