

BROODBROERS OF -SISTERS
Foto: Santie Carelse
FOOD LOVERS RECIPES
Koeksisterstroop:
6 koppies suiker
4 ½ koppies water
Kook vir 10 minute.
Voeg nou by:
1 eetlepel stroop/ heuning
½ teelepel gemmer
½ teelepel kaneel
Kook weer alles saam vir ongeveer 4 minute.
Laat koud word en plaas oornag in vrieskas.
Haal so 45 minute voor gebruik uit.
Broodblokkies:
Koop ongesnyde brood en laat staan vir 1 dag.
Sny brood in ongeveer 2 cm snye. Sny korsies af.
Sny dan elke sny brood in 3 vingers. Sny elke vinger weer in 3 blokkies.
Braai blokkies is diep olie tot goudbruin. (Oppas dit brand maklik).
Doop dadelik in koue stroop.






