
SUENELL SE GEROOKTE HOENDERBORSIES
Pas asb die hoeveelhede aan na smaak, hierdie is net ‘n ongeveer.
6 hoenderborsies
1-2 pakke repies spek (hang af van die grootte van die hoenderborsies)
Pekel:
1.5 liter kookwater
2 eetlepels hoenderspeserye (indien verkies, 6 gun is ook lekker)
125 ml suiker
Marinade:
250 ml “bbq” sous (ek gebruik “castle” se maak)
100 ml heuning
100 ml suurlemoensap
80 ml Worcestersous
sout en peper na smaak
Voeg die kookwater, speserye en suiker n ‘n bak en meng goed totdat die suiker opgelos is. Laat die mengsel afkoel (moenie die hoender by die mengsel voeg indien dit nog warm is nie!!). Voeg die hoender in die pekel en plaas dit oornag of vir ten minste 3 ure in die yskas. Meng die bestanddele vir die marinade.
Dreineer die hoender van die pekel en plaas die hoender in die marinade (ek’t gaatjies in die hoederborsies gedruk met ‘n sosoatiestokkie, die marinade trek net lekker deur dan). Laat die hoender marineer vir ongeveer 1 uur.
Verwyder die hoender uit die marinade, moenie die marinade afskud van die hoender nie, draai die spek om elke hoenderborsie en smeer marinade om elke toegedraaide hoenderborsie. Dit gee ‘n mooi kleur wanneer dit gaar word. Plaas die hoender pakkies in ‘n roker (myne gebruik pers spirits, ongeveer 1 koppie en 4 – 6 eetleppels saagsels). Die hoender rook ongeveer 20 minute. Indien die hoender nie deurgaar is na smaak nie, plaas dit in die oond en bak verder vir ‘n 10 – 15 minute by 180ºC. Plaas die borsies in ‘n bak en bedek dit met ‘n deksel of foelie en laat dit rus vir 10 minute. Enjoy !!!
Nota: Cecil Dunhin – Ek het hoenderboudjies en –dytjies gebruik en dit in die weber met “oak wood” skaafsels gerook, geweek met suiker in kookwater, laat afkoel en dreineer. Ek plaas die skaafsels bo-op die kole en met die weber deksel toegemaak. Rook die hoender vir 150 minute teen 115°C.
Resep en foto: Suenell Liebenberg
Foto 2 en 3: Cecil Dunhin









Het Suenell Liebenberg se hoender gemaak, en dit was ongelooflik lekker! Sal nie weer hoender enige ander manier rook nie!