STOKVIS QUICHE MET ‘N VERSKIL
Groot tert, maklik 10 porsies
5 stukke hake fillets (stokvis)
1 gerookte frankfritter (of Vienna)
1 klein uitjie fyn gekap
halwe bakkie sampioene fyn gekap
Bossie spruit uie fyn gesny
5 blare spinasie fyn gesny
1 bakkie Salm roomkaas
1 kp wit Cheddar kaas gerasper
15 ml gekapte vars pietersielie
½ teel paprika
¼ teel chilli poeier
sout en swart peper na smaak
Eiermengsel
5 eiers
1 kp room
roosmaryn en swartpeper
1 rol Puff pastry
Stel oond op 180 Grade C … waaier oond op 170 Grade C
Stoom die vis gaar en vlok. Sny die frankfritter lekker klein stukkies. Braai die uie en spriet uie in bietjie olie net tot begin verkleur, gooi die sampioene by, braai rukkie en gooi die spinasie by tot verwelk. Haal af en meng met die vis, frankfritter en res van die bestanddele. Ek het myne oornag in die yskas gesit dat die geure lekker kan trou.
Neem ‘n losboompan ongeveer 22 cm en spuit met Cook & Spray. Rol die deeg uit dat dit lekker in die pan en teen die kante pas, druk mooi vas in die pan, sny die rante gelyk af met die pan, spuit ‘n stuk foelie met Cook & Spray en druk dit bo-op die deeg mooi vas, gooi die hele pan vol boontjie/rys, vou die foelie en deeg om sodat dit ‘n rand vorm (sien foto)..
Plaas die pan in die oond vir 10-15 min tot die deeg net begin verkleur. Haal uit en skep die boontjies/rys uit totdat jy die foil ook kan uithaal.
Skep die vismengsel in die deeg kors… maak die eiermengsel- klkits goed en gooi oor die vis, werk liggies met ‘n mes in die mengsel in. Plaas terug in die oond vir 1 uur op 160 Grade C of tot die eier alles goed gestol het en die deeg mooi verkleur het.
Haal uit die oond, laat effens afkoel en haal dan die buite ring van die pan af, bedien dadelik, of laat heel afkoel. Voor jy gaan bedien, sit terug in ‘n voorverhitte oond vir ongeveer 30min.
Heerlik as ontbyt of ligte ete saam met ‘n slaai.
Geniet hom hy is heerlik.
Resep en foto’s Rina Kleinhans










