MINI-HORINGKIES MET CREMORA VULSEL
Hier is dit,en dis absoluut krakerig-heerlik! Mini- horingkie,gedip in versiersuiker, gevul met cremora tert vulsel, en gevries. Werk toe soos ‘n bom!
Ek het horingkies gemaak met Today puff pastry. Ekt het dit heelwat kleiner gemaak, maar jy kan natuurlik die hele staalcone vol draai, soos jy verkies, dan bak jy dit natuurlik.
Cremora vulsel:
1 houer orley whip
1 blik kondensmelk
1 hoogvol koppie cremora
en bietjie meer as ½ koppie suurlemoensap. Ek verkies myne met ‘n effe meer suur strepie in,maar jy kan ingooi na gelang van smaak.
Klits orley whip styf, voeg by kondensmelk, cremora en suurlemoensap en klits goed. Dip horingkies in versiersuiker en vul met cremora vulsel en vries. Ek het horingkies reeds al 2 weke gelede gemaak en gevries, en ek belowe jou, dit is lekker!
Natuurlik mag smaak verskil, maar dit is iets wat ek wou probeer en dit het gewerk vir my.
BRON – Joey Krüger
FOTO – Joyce Mason (LID)








