MIKROGOLF WORSVLEIS BROODJIE-MEAT LOAF
300g bees maalvleis
500g worsvleis
1 eier
½ koppie broodkrummels
1 klein ui gerasper
1 agste koppie rooiwyn (of water)
1 teelepel knoffelpoeier
1 teelepel Aromat
ketchup of tamatiesous
Meng al die bestanddele deeglik. Sprei ‘n geskikte mikrogolfbak met kleefwerende sproei of voer dit uit met bakpapier. Plaas die vleismengsel oor in die bak en druk dit styf vas. Smeer ‘n lagie ketchup of tamatiesous bo-oor en mikrogolf op hoog vir 25 minute.
Bron en Foto: Adam Cloete








