MACARONI EN KAAS MET SOUSIE
Maak hierdie sous n dag voor die tyd..
200ml Suiker
125ml Asyn
125ml Olie
1K Tamatiesous
Peper na smaak
25ml Kerrie
Knippie peri peri
Mac & Cheese..
1K Macaroni
2K Melk
2 Eiers
Knippie sout
125ml Gerasperde Kaas
125ml Vars broodkrummels
1 e Botter
Sous wat ek bo genoem het..
Stel oond op 180 °c
Kook Macaroni in borrelende sout water. Dreineer as gaar is skep in gesmeerde oondbak. Klits melk,eiers en sout saam. Roer kaas by sous en die sous wat ek hier bo genoem het.. Strooi broodkrummels bo- oor en stip met botter. Bak vir 30 min of tot gestol het in die middel.. Geniet dit..
RESEP EN FOTO: Fanelee Snyman








