LEMOENKOEKIES VIR N KOEKIEDRUKKER
250 g margarien
375 ml suiker
2 eiers
10 ml lemoensap
10 ml lemoenskil, gerasper
3 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
2 ml sout
Room margarien en suiker en voeg die eiers by. Klop baie goed. Voeg lemoensap en skil by en klop goed. Sif droë bestanddele saam en voeg by. Meng tot stywe deeg. Vorm koekies met koekiemaker en bak ongeveer 10 min by 200ºC. Laat koekies effens afkoel op bakplaat voordat dit op ‘n afkoelrak geplaas word om heeltemal af te koel.
NB: Geur van koekies verbeter na ‘n paar dae. Koekies kan met glanskersies versier word voordat dit gebak word.
FOTO – Donata van Rooyen








