KARAMEL NEUTE
Het gister aand besluit om die karamel neute ding te probeer. Baie goed uitgekom.
1 koppie neute (het cashew gebruik).
¼ koppie suiker
1 teelepel botter
Sit suiker en botter op lae hitte. As die suiker se kleur begin verander, voeg die neute by en roer. As die karamel goed vasklou, keer uit op ‘n bakplaat om af te koel. Probeer om nie als op een slag op te eet.
BRON – Ellouise Grundling