HEERLIKE KARAMEL SOUS AS VERSIERSEL
Laaste van die sjokolade karamel koek/muffins/cup cakes wat van gisteraand se bak, oorgebly het. Ek wou karamel sous bo-oor sit. Baie resepte gekry. Een wat baie maklik was wat ek bietjie verander het om nie n sous te wees. (Na die tweede probeerslag)
1 koppie suiker
Kwart koppie water
125 g botter
5 ml vanilla
Kook suiker en water stadig tot suiker oplos.
Los op plaat tot karamel kleur, moenie roer nie, hou dop dit verkleur vinnig as dit begin verander.
Haal van hitte af.
Roer of klits botter by.
Roer vanilla by.
As jy dit dunner wil he vir ‘n sous oor roomys of wafels. Gooi n halwe koppie room of melk by.
Resep en foto: Ellouise Grundling
2de foto : Erika van der Westhuizen










Erika van der Westhuizen
Die sous werk Soos ‘n bom! Dit is ‘n resep wat ek sal gebruik, oor en oor! En saam met die klam koek! Uit die boeke! En die beste van als. . .soooo ook vinnig om te maak! Julle groep is TOPS!!!