

EISBEIN IN BIER GEBAK
2 Eisbeins
geur met sout en peper
2 knoffelhuisies
50 m olyfolie
3 uie in skywe
1 blikkie bier
Oond 160°C
Geur die vleis. Giet olie in kasserol, pak die uie en knoffel in die bak met die olie.
Giet die bier by. Pak die vleis in. Bak vir 3 ure met deksel op.
Skep so elke 30 minute die biermengsel oor die vleis.
Haal die deksel af, verf konfyt oor en bak nog 15 minute.
Bedien met moesterd en kapokaartappel, pampoen en room spinasie of chips en uieringe met klein slaaitjies.
Bron: Michelle Nel (lid)
Foto: Frances Smith






