BEAULA SE BEESBREDIE MET KLUITJIES
Liplekker, of dan beeskapitaal.
2.5 kg – 3 kg beenlose beesvleis
50 g koekmeelblom
12,5 ml sout
2 ml swart peper
75 ml sonneblomolie
250 ml droe wit wyn of bier
300 ml vleisaftreksel
15 ml tamatie paste
2 ml gebroogde tiemie
3 [vet] knoffelhuisies
12 – 15 klein uitjies
3-4 groot geelwortels
2-3 seldery stingels
2 lourierblare
Metode:
Sny vleis in blokkies
Sny knoffelhuisies en druk in beesvleisblokkies
Meng koekmeel, sout en peper; rol beesvleisblokkies daarin
Verhit sonneblomolie en braai die blokkiesvleis mooi bruin in n swaarboom ysterpot
Haal af as gaar en skep uit – hou eenkant
Gooi wyn of bier in die pot en roer met n houtlepel
Plaas die vleis terug in die pot
Meng vleisaftreksel en tamatie paste; voeg die tiemie en lourierblare by
Sit deksel op om te prut tot sag oor lae hitte
Skil uitjies en geelwortels en sny wortels in dunnerige skywe
Sny seldery in ringe – kap die blaartjies.
Voeg by die vleis en prut vir so 20 minute.
Intussen maak die volgende bo-laag:
200 g bruismeel gesif
50 g botter , gefrummel
Sny ongeveer 50 ml yswater met n slaplemmes om sagte hanteerbare deeg te vorm.
Rol die deeg in balletjies.
Sorg dat die die beesvleisbredie lekker souserig is en kokend warm is.
Plaas deegballetjies bo-op die vleis. Sit die deksel op en stowe vir 20 minute lank , sonder om die deksel aft e haal.
As jy te lui is om die deegballetjies te maak, kook aartappels fyn en ‘mash’ saam met sout, peper en mostertpoeier. Versprei bo –oor die vleisbredie. Gooi gerasperde kaas bo-oor en rooster in die oond tot die kaas gesmelt is en so effens bruin maak.
Bron: Rene Truter Wessels (lid) – uit Ma se resepboekie
Foto: Frau Karin Gebhardt Nengola