BEAULA SE BEESBREDIE MET KLUITJIES

tested
BEAULA SE BEESBREDIE MET KLUITJIES
Liplekker, of dan beeskapitaal.
2.5 kg – 3 kg beenlose beesvleis
50 g koekmeel
12,5 ml sout
2 ml swart peper
75 ml sonneblomolie
250 ml droë witwyn of bier
300 ml vleisaftreksel
15 ml tamatie paste
2 ml gebroogde tiemie
3 [vet] knoffelhuisies
12 – 15 klein uitjies
3-4 groot geelwortels
2-3 seldery stingels
2 lourierblare
Sny vleis in blokkies.
Sny knoffelhuisies en druk in beesvleisblokkies.
Meng koekmeel, sout en peper; rol beesvleisblokkies daarin.
Verhit sonneblomolie en braai die blokkiesvleis mooi bruin in ‘n swaarboom ysterpot.
Haal af as gaar en skep uit – hou eenkant.
Giet wyn of bier in die pot en roer met ‘n houtlepel.
Plaas die vleis terug in die pot.
Meng vleisaftreksel en tamatie paste; voeg die tiemie en lourierblare by.
Sit deksel op om te prut tot sag oor lae hitte.
Skil uitjies en geelwortels en sny wortels in dunnerige skywe.
Sny seldery in ringe – kap die blaartjies.
Voeg by die vleis en prut vir so 20 minute.
Intussen maak die volgende bo-laag:
200 g bruismeel gesif
50 g botter, gefrummel
Sny ongeveer 50 ml yswater met ‘n slaplemmes om sagte hanteerbare deeg te vorm.
Rol die deeg in balletjies.
Sorg dat die beesvleisbredie lekker souserig is en kokend warm is.
Plaas deegballetjies bo-op die vleis. Sit die deksel op en stowe vir 20 minute lank , sonder om die deksel aftehaal.
As jy te lui is om die deegballetjies te maak, kook aartappels fyn en ‘mash’ saam met sout, peper en mosterdpoeier. Versprei bo –oor die vleisbredie. Sprinkel gerasperde kaas bo-oor en rooster in die oond tot die kaas gesmelt is en so effens bruin maak.
Resep: Rene Truter Wessels (lid) – uit Ma se resepboekie
Foto: Frau Karin Gebhardt – ek het dit met beesafval gemaak, uit die boeke lekker.