

VOCHERIN NORMA
6 Eierwitte (kamertemperatuur)
25g strooisuiker
225g ligbruin suiker
Vulsel en versiering:
5 ml kits koffie
15 ml kookwater
4 – 5 stukkies verglansde gemmer
300 ml room
5ml vanilla suiker
Versiersuiker
Voer ‘n bakplaat met bakpapier.
Klits eierwitte totdat dit ‘n stywe punt vorm, gooi dan die strooisuiker by en klits nog vir ongeveer 10 sekondes. Gooi geleidelik die bruinsuiker by en meng met ‘n groot metaallepel.
Vul versiersak met meringue en maak drie sirkels op bakplaat ongeveer 20 cm in deursnee.
Bak in oond van 140° vir ongeveer 60 min.
Dit moet droog en ‘n ligte karamel kleur hê.
Laat afkoel.
Vulsel:
Meng koffie met water en laat koud word.
Sny gemmer fyn.
Klits room en vanilla suiker styf.
Neem ‘n kwart van die room en plaas in versiersak.
Meng die room met die koffiemengsel en voeg die gemmer by en smeer tussen die meringue lae.
Strooi oor die boonste laag versiersuiker (deur sif) en versier met room rosette.
Moet minstens twee uur voor die tyd versier word.
Bron: A Struwig (B Wilbers – kookkursus)
Foto: Geleen






