

VINNIGE LEMON MERINGUE TERTJIES
Soetdeeg kors:
4 k meelblom
250 g margarien
1 k suiker
3 t bakpoeier
1 e vlapoeier
2 eiers
1 t sout
Room suiker, botter en eiers. Meng droë bestanddele met jou hande in die bottermengsel en rol uit. Ek het net die helfde gebruik en ander helfte gecling wrap en in vrieskas gesit vir volgende gebruik. Het my tertpan gespuit met cook ‘n spray en deeg mooi daarin gesit.
Vulsel:
Het die sap van 2 suurlemoene uitgedruk, by ‘n blikkie kondensmelk gegooi, 2 eier gele en so 60ml strooisuiker. (dit’s nie nodig vir die strooisuiker, maar ons wou iets anders probeer) Meng als saam, voeg net die suurlemoensap by na smaak, vars suurlemoen is sterker as die uit botteltjies. Gooi in kors. (prik kors liggies met vurk) Ek het die 2 eierwitte wat oor gebly het geklits tot skuimerig, bietjie kremetart by gegooi terwyl ek klits asook strooisuiker so 40ml. Geklits tot mooi glad en tot ek die bak onderste bo kon draai dat die eierwit nie uitval. haha! Skep dit dan oor die vulsel en bak tot kors mooi bruin is. Heerlik! Die was ‘n aangepaste resep met bestanddele wat ek in die huis gehad het.
Foto: Elzanne De Wet






