


TRACY SE KARAMEL SPRINGMIELIES – POPCORN
2 koppies bruin suiker
500 g corn syrup
500 g margarine
1 eetlepel vanilla ekstrak
Bring tot kook punt. Kook vir vyf minute sonder om te roer, Voeg 1 teelepel koeksoda by en meng tot dit lig en skuimerig is.
Giet oor 8 koppies gespringde mielies en meng tot alles bedek is.
Skep uit op ‘n pan wat bedek is met bakpapier, en bak by 120 º Celsius vir 1 uur en roer elke vyf minute goed deur. Laat dit af koel en breek dit in stukkies.
Bron: Tracy Minny (lid)






