

TUNASKYWE
Deeg:
500 ml (2 koppies) koekmeelblom
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
2 ml (½ teelepel) sout
5 ml (1 teelepel) suiker
125 ml (½ koppie) gerasperde Cheddar-kaas
125 ml (½ koppie) olie
125 ml (½ koppie) melk
Vulsel:
2 eiers, hard gekook, fyn gekap
1 blik tuna, in water verpak, gedreineer en gevlok
15 ml (1 eetlepel) fyn gekapte ui
Sout en peper na smaak
30 ml (2 eetlepels) mayonnaise
Voorverhit die oond tot 180°C (350°F).
Smeer ‘n bakplaat.
Sif die droë bestanddele saam en meng die kaas by.
Klits die olie en melk saam en giet by die meelmengsel.
Meng deur met ‘n mes tot net gemeng en rol uit op ‘n met meelbestrooide oppervlak tot sowat 7 mm dik.
Meng al die bestanddele vir die vulsel saam en smeer oor die deeg.
Rol op in die lengte, vorm ‘n halfmaan en plaas op die gesmeerde bakplaat.
Sny in skywe, maar nie regdeur nie.
Bak sowat 20 minute lank of tot die bokors goudbruin en gaar is.
Dien op saam met slaai.
Genoeg vir 4 mense.
Resep geplaas deur Sandra Thorpe
Foto Sandra Thorpe







Geskuif