TRACY SE KRISP KORS POTBROOD
Die brood is ‘n broodjie wat jy nou kan rys vir twee dae, en eerlik waar jy het nie gis nodig nie, maar dit help die proses aan.
4 kop meel,
1 en 3/4 kop warm water,
1/2 tlp aktiewe droe gis,
1 tlp sout,
3 tlp suiker.
Meng alles saam. Smeer ‘n bietjie olie in ‘n bak. Plaas deeg in. Bedek met plastiek wrap, los vir 6 -18 ure met die gis, as jy nie gis gebruik dan sal ek se enige iets van 12 tot 18 ure, maar jy kan dit los tot 24 ure. Onthou net hoe langer dit gelos word hoe suurder sal dit proe (sourdough brood), Wanneer Jy nou voel die deeg is waar dit genoeg gereis het, dan vorm dit in ‘n bal. Spray jou swaarboom pot / cast iron met spray en cook, moenie skaam wees nie, jy wil nie he die brood moet vas sit nie. Nou sprinkle genoeg meel in die bodem van die pot. Plaas jou deeg in die pot, sit die deksel op en laat rys vir 2 – 3 ure in ‘n warm plek. 20 minute voor jou rys tyd verby is voorverhit jou oond op 230 grade. Na dit gereis is gooi 2 Eetlepels water in die pot, plaas die deksel op en sit in die oond vir tien minute. Verwyder van die oond en gooi nog een eetlepel water in die pot, en plaas weer die deksel op en bak ‘n verdere 10 minute. Verwyder die deksel. Bak 10 minute sonder die deksel. Die brood sal ‘n heerlike crispy kors hê.
Bron en foto: Tracy Minny