SUURLEMOENVINGERS
Brosbroodlaag:
500 ml koekmeel
125 ml versiersuiker
1 ml sout
200 g botter by kamertemperatuur
Bolaag:
4 ekstra groot eiers
375 ml witsuiker
100 ml suurlemoensap
15 ml gerasperde suurlemoenskil
3 ml bakpoeier
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n bakplaat van 32 x 23 x 2 cm met kleefwerende middel.
Brosbroodlaag:
Sif die meel, versiersuiker en sout saam. Vryf die botter met jou vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Druk in die voorbereide bakplaat vas en bak 20 – 25 minte lank in oond of tot gaar en ligbruin. van bo.
Bolaag:
Klits die eiers tot skuimerig. Voeg die suiker by en klilts goed. Voeg die res van die bestandele vir die bolaag by en klits goed. Giet oor die gebakte kors en bak nog 25 minute lank of tot gaar en tot die bolaag gestol is. Laat effens afkoel, sif versiersuiker oor en sny versigtig in vingers.