SPUR BUFFALO WINGS
‘n pakkie hoedervlekies elkeen in die helfte gesny.
‘n Pot sonneblom olie (vir diep braai)
‘n Paar stingels seldery,
‘n bottel Ina Paarman (of Woollies)
Blue cheese salad sauce en
‘n bottel SPUR Durky Sous
sout
Diep braai jou vlerkies tot goud bruin en laat die ergste olie vinnig afdrup op handoek rol. Sprinkel sout oor na smaak en gooi dan van die durky sous oor die warm vlerkies – en daar het jy dit – bedien dan op saam met die seldery asook n bakkie van jou durky sous en die Blou kaas sous – glo my ek eet dit eerder nou by die huis as om die belaglike prys vir n paar stukkies in ‘n restaurant te betaal. Dit kan ‘n aandete saam met ‘n lekker slaai ook wees.
BRON/FOTO: Lunette Prinsloo