SOUSKLUITJIES DUMPLINGS
250 ml meelblom
5 ml bakpoeier
1 ml sout
50 ml botter/margarien
2 eiers
suiker gemeng met kaneel
125 ml gesmelte botter
Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter daarin.
Kilts die eier en 1 eetlepel suiker tot baie lig.
Voeg dit by die meelmengsel en meng liggies.
Gooi water in ‘n kastrol sodat dit omtrent 5 cm diep daarin staan.
Voeg 2.5 ml sout en 1 ml kaneel by en laat dit kook.
Doop ‘n teelepel in die kookwater en skep ‘n ronde teelepel vol deeg daarmee uit, sit dit in die kokende water. Skep 4 kluitjies in die kastrol van 17 cm deursnit. Laat hulle 10 min lank kook met deksel op.
NB: Indien meer as 5 kluitjies gelyktydig ingeskep word, slaan party daarvan toe.
Lig die kluitjies uit die water, sit hulle in ‘n warm bakskottel en strooi kaneelsuiker bo-oor asook gesmelte botter. Vul water aan indien dit minder as 5 cm vlak bereik en laat kook eers voordat kluitjies weer ingesit word.
Herhaal tot die deeg op is.
Foto en resep gepos deur Elize de Kock
geskuif