SMELT IN DIE MOND FUDGE
900 g strooisuiker
170 g botter
300 ml melk
2 teelepels vanilla geursel
1 blik 375 ml ingedampte melk
Plaas alles in die pot en roer in die begin tot die suiker op gelos is, laat dan borrel, tot die fudge dik is en ‘n sagte balletjie in koue water vorm.
Hou ‘n ogie want jy sal dit nou en dan darem moet roer om seker te maak dit brand nie vas nie.
Wanneer die fudge begin lyk asof daar iets verkeerd gaan, en die melk begin lyk asof dit suur geraak het, moenie moed verloor nie dit is hoe dit lyk in die begin.
Wanneer die sagte balletjie gevorm het in koue water haal die pot van die stoof af.
Laat staan vyf minute dan meng met ‘n elektriese hand menger tot die glans verdwyn.
Moet asb nie my fout maak vanoggend en oor klits nie want dan is dit amper te styf om dit in jou 20cm vierkantige pannetjie te druk.
Maar met die dat dit rof lyk vandag is dit vir my gesin ‘n wenner.
Resep en foto: Tracy Minny