SJOKOLADE KOEK 2000
1 koppie strooisuiker
1 koppie koekmeel
3 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
2 eetlepels kakao of 2 eetlepels Maizena vir ‘n witkoek
4 eiers
1 teelepel vanilla geursel
½ koppie gekookte water afgekoel tot jy jou vinger daarin kan hou sonder om te brand.
½ koppie olie
Sif droë bestanddele met 1 teelepel bakpoeier.
Meng kookolie en water, voeg by droë bestanddele.
Skei eiers.
Voeg Vanilla by eiergele, meng en voeg by mengsel.
Klits eierwitte met 2 teelepels bakpoeier styf en vou laaste by mengsel in.
Bak by 180ºC vir so +- 35 min of tot toetspen skoon uitkom.
Resep: Barry Theron 2000 – Dit is die lekkerste “NAT” koek wat ek nog gebak het, n treffer
Foto: Rina Kleinhans en Mariska Louw










geskuif
Hierdie is regtig ‘n heerlik koek ek kan hom aanbeveel, lekker klam. Ek bak enkel laag en sny dan middel deur, sit vulsel in en versier bo-op indien verkies