MIELIE- OF GROENTEGEBAK
375 ml melk
3 eetlepels bruismeel
3 eetelepel suiker
knypie sout
3 eetlepels gesmelte botter
Voeg 2 blikkies geroomde suikermielies by (kan ook 1 blik geroomde suikermielies en 1 blik soetmielies wees)
Meng al die bo genoemde bestanddele saam.
Skep in gesmeerde bak en bak in matige oond tot gaar…so plus minus 45 minute.
(Vervang mielies met geblanseerde blomkool, kool, broccoli, gaar skorsie of gerasperde wortel).
Baie lekker by braaivleis.
BRON/FOTO: Lizaan Ras le Roux








