MARIE SE CAKE MIX BROODJIE
Ek bak altyd die rosyne broodjie op die blad toe ek vanoggend wil bak het ek “Cake mix” ipv rosyne gekoop, toe gebruik ek dit maar en verander net effe aan die resep . Die resultaat was heerlik
250g Cake mix
500g bruismeel
500ml karringmelk
60 ml suiker
10ml bakpoeier
1 eier
Kwart teelepel sout
Klits eier en melk goed saam
Sif bruismeel sout en bakpoeier saam roer vrugte in meel voeg suiker en melk by .
Meng saam
Bak 1 uur by 180 grade C
Foto en resep: Marie Grobler








