

HEERLIKE BEET EN GEELPERSKE SLAAI MET JOGURT EN FETA
+- 8 jong bete
3 geelperskes
olyfolie vir verf
roketblare
Fetakaas
Slaaisous (kan vorige aand gemaak word):
150 ml griekse joghurt
15 ml suurlemoensap
3 ml kerriepoeier
mint blare, opgekerf
Kook die bete tot sag, skil af en sny in kwarte. Skil en sny die perskes in kwarte>
Verf die bete en perskes met bietjie olyfolie en rooster dit in die oond onder die element tot dit net begin verbruin.
Meng die slaaisous bestanddele in ‘n bottel en skud dit goed.
Plaas die bete en perskes (warm of koud) op die roketblare, giet die sous net voor opdiening oor en krummel feta bo-oor. Garneer met mint blaartjies.
Nota en foto: Rina Kleinhans – Ek het bietjie heelkorrelmosterd en heuning by die sous gevoeg en mint fyn gesny, gemeng met die roketblare, neute en sesame saad bo-oor gesprinkel. Dit was regtig heerlik, met pragtige kleure.
Resep: Annelise Williamson






