KLAM DADEL EN PIESANGBROOD
500 ml bruismeel, gesif
125 ml karamel bruinsuiker
250 g dadels, ontpit en gekap
125 g botter, saggemaak
325 ml melk
2 ekstra groot eiers, geklits
3 groot ryp piesangs, fyngedruk
Meng die meel, suiker en dadels in ‘n mengbak. Klits dan die botter, melk, eiers en piesang by. Meng deeglik. Giet die beslag in ‘n 23 x 13cm broodpan wat met kleefvrye sproei bespuit is.
Bak vir 50 – 60 minute in ‘n voorverhitte oond teen 170°C.
Lewer een groot dadel en piesangbrood.
Foto: Hettie De la Rey








