
SALAMI EN SPINASIESOUTTERT
Beskuitjiekors:
1 pak (200 g) soutbeskuitjies fyngedruk
90 – 140 g botter gesmelt
Vulsel:
100 g (250 ml) cheddarkaas . gerasper
100 g salami . gekap + paar skyfies gehalveer
1 bossie spinasie . harde stingels verwyder, in repies gesny en gekook
Knippie neutmuskaat
Basiese eiervlavulsel:
3 ekstra groot eiers geklits
250 ml melk
25 ml koekmeel
2-5 ml mosterdpoeier
1 ml rooipeper
2 ml sout
Verhit oond tot 180°C. Meng die soutbeskuitjiekrummels en die botter en druk dit vas in ‘n tertbord. Sprinkel die kaas op die tertkors. Meng die gekapte salami en spinansie en plaas bo-op die kaas. Strooi neutmuskaat oor. Pak die skyfies salami bo-op. Meng die bestanddele vir die eiervla saam en giet oor die vulsel. Bak sowat 40 min. of tot die eiervla gestol is.






