HOENDERGEVULDE BOTTERSKORSIE
2 porsies
1 botterskorsie, nie te groot nie
2 ontbeende hoenderborsies, klein blokkies gesny
230 g roasted onion roomkaas
songedroogte tamatie na smaak
chives na smaak
± 1 koppie gekapte sampioene, 2 – 3 grotes
Sny die botterskorsie middeldeur en gooi bietjie olyfolie oor en bak in die oond teen 180°C tot gaar, of maak paar gatjies in en maak gaar in die mikrogolf. Sny is twee en haal die pitte uit. Haal nog van die vleis van die pampoen uit as die gatjie te klein is. Hou eenkant
Besprinkel die hoenderblokkies met suurlemoensap en gooi hoender speserye oor, nie sout nie.
Braai die sampioene en chive in bietjie olyf olie, net vinnig, sit die hoender by en braai tot gaar, sny die songedroogte tamatie fyn en meng ook by. Wanneer die hoender gaar is, haal van die hitte af en roer genoeg roomkaas deur. Proe vir sout, myne was reg, niks ekstra bygesit nie.
Skep die mengsel in die uitgeholde botterskorsies, rasper ‘n mengsel van parmasan en cheddar kaas oor en bak in die oond vir ongeveer 20-30 min tot alles goed warm is en die kaas gesmelt.
Nota: jy kan die pampoen wat uitgekep is by die hoender roer en saam meng vir die vulsel.
Bedien dadelik saam met ‘n lekker slaai
Resep en foto: Rina Kleinhans








