CLAUDIA SE FANCY HOENDERPASTEI
500 g hoender filette, in klein stukkies gesny
250 g spek stukkies
1 fyn gekapte rooi ui
4 tone knoffel, fyn gekap
600 g baba spinasie, fyn gesny
2 wiele bokmelk feta of gewone feta kaas
300 g fyn geraspte Edam kaas
1 pot creme fraiche-cultured cream
250 g sampioene, in skyfies gesny
1 rol Today’s pastry
sout en peper
In ‘n groot kastrol braai die ui en die knoffel. Voeg die spekstukkies by en braai tot lekker bruin.
Voeg die hoender by en braai verder. Sit by die sampioene.
Braai vir ‘n verdere 5 minute. Voeg laaste die spinasie by en braai tot meeste vloeistof uit is.
Sit die potjie creme fraiche by, skakel die stoof af en roer alles goed deur.
Sit sout en peper by na smaak. Laat die mengsel afkoel.
Rol die deeg uit en sny in die helfte deur, gebruik 1 helfte en bedek die onderkant en sykante van ‘n ingesmeerde oondbak.
Skep die helfte van die afgekoelde mengsel in.
Verkrummel 1 feta wiel bo-oor dit en strooi die helfte van die gerasperde kaas oor.
Skep die res van die vleismengsel bo-oor, krummel die ander feta wiel oor en strooi die res van die gerasperde kaas oor.
Laaste plaas die boonste laag deeg oor en maak goed toe langs die kante.
Smeer met eier en bak op 180 ºC vir 30 tot 40 minute in die oond to goudbruin.
Bon Apetit!
Resep en foto: Claudia Bellink Coetzee









geskuif