

BRANDEWYNTERT -TIPSY TART – VIR MIKROGOLF EN OOND
Bak in bak van 20 x 20 cm – Ek maak resep dubbeld aan en gebruik dan tertbord van 25 x 25 x 5 cm)
200 ml kookwater
150 g (250 ml) fyn gesnyde dadels (ek sit bietjie meer in – dis dan nog lekkerder)
5 ml koeksoda
25 g (30 ml) botter/margarine
125 g (150 ml) wit suiker
170 g (300 ml) koekmeelblom, ongesif afgemeet
20 ml bakpoeier
1 eier, geklits
100 g (250 ml) gekapte Okkerneute (ek sit minder in – nog net so lekker)
Stroop
200 g (250 ml) wit suiker
200 ml water
15 ml botter/margarine (hier verkies ek botter, sommige van die volvet (regular) margarine, skif as verhit word).
50 ml brandewyn
5 ml vanieljegeursel
Giet die kookwater oor die fyngesnyde dadels.
Sodra dadels sag is, roer die koeksoda in.
Roer die botter/margarine by die warm dadelmengsel.
Roer die suiker by die mengsel.
Sif die koekmeel en bakpoeier saam.
Meng liggies met dadelmengsel.
Skep deeg in mikrogolfvaste bak van sowat 20 x 20 cm.
Plaas die bak op ‘n piering in mikrogolfoond.
Mikrogolf 8 minute lank by 100% krag.
Stroop:
Plaas suiker, water en botter in ‘n mikrogolfvaste beker of bak.
Mikrogolf by 100% krag tot kookpunt.
Roer die brandewyn en vaniljegeursel by.
Giet die warm stroop oor die gaar, warm tert.
Laat die tert afkoel en plaas in yskas tot benodig.
Sit voor met styf geklitste, effens versoete, room en versier soos verkies.
Moenie die room lank voor gebruik op spuit of smeer nie – doen net voor dit voorgesit word.
*As mikrogolfoond nie draaitafel het – draai bak elke 2 min. om.
* As ek die tert dubbeld aanmaak, mikrogolf ek dit bietjie langer, om die klam kol in die middel gaar te kry.
* Plaas ‘n glas in die middel van jou bak en skep die deeg om dit – verhoed klam kol in middel van tert.
* Die tert vries goed. Draai dit net goed toe in foelie.
*Die tert kan ook vir 20 minute in ‘n gewone oond by 190 ºC gebak word.
Resep geplaas deur Ragiela Cloete






