

ARMEENSE SKAAPVLEIS
Die kleinste stukkie skaapboud vir my en manlief vandag. Die resep is ligweg geskoei op Rick Stein se resep vir Armeense skaapvleis. Kyk die vadoek wat onder die ou Hart dutch oven is … RSA … my ma het dit many moons ago by die hospitaal se stoor gekoop!
MENG SAAM
Genoeg sout en peper vir die Skaapvleis wat jy het
Blare van so twee takkies mint fyn gekap
‘n paar takkies tiemie (blare alleen)
¼ koppie olyfolie
1 teelepel sumac – ek het myne by Fruit and Veg gekoop
1 teelepel bruin suiker
½ – ¾ koppie volroom griekse yoghurt
‘n paar skraapsels neutmuskaatBedek die vleis met die mengsel, maak die bak toe en bak by 140 ºC vir so min of meer, ongeveer 4 ure. Voeg ‘n klein bietjie water by die pot/bak sou dit dalk begin aanbrand.
Laat weet slegs as dit lekker was smile emoticon
En … ‘n mens kook altyd beter met ‘n glasie wyn vir die wis en die onwis.
Resep en foto: Christelle Mitchell Van Emmerik







geskuif