VOLGRAAN BAGUETTE
BESTANDELE
1 koppie broodmeel (wit)
2 koppies volgraam meel
1 teel sout
Meng goed
Sit 5g (i klein pakkie) kitsgis by, of 1 teel. kitsgis
Voeg 2 tafelepels olyfolie by 1 koppie water teen kamertemperatuur.
METODE
Meng die vloestof met die meel mengsel. Roer tot als gemeng is (deeg moet nie te nat wees nie, maar ook nie te droog nie). Bedek met ‘n swart plastieksak en laat oornag staan. Strooi broodmeel die volgende oggend op ‘n werksoppervlak, en keer die deeg daarop uit. Rol die deeg in die meel en vorm die baguette. Rol dit dan op ‘n stuk silikoon papier en plaas op die bakplaat. Laat rys vir sowat 15 minute, en bak dan in 170 C oon vir 50 minute.
BRON/FOTO: Leonie Overbeek








