GEURIGE MOSSEL SOP
Die sop word met ‘n geurige visaftreksel gemaak. Hiervoor het jy visbene nodig, te kry by die visafdeling van jou supermark of by ‘n viswinkel. Hulle sal dit sommer verniet vir jou gee.
Genoeg vir 6
BESTANDELE
knypie saffraan
45 ml (3 e) avokado-olie
3 salotuie of klein pekeluitjies, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
60 ml (¼ k) koekmeel
685 ml (2½k + ¼ k) warm
visaftreksel (gemaak
volgens die resep by “Koskas”)
125 ml (½ k) room
sout en gemaalde swartpeper
180 ml (¾ k) witwyn
2 kg mossels in die skulp
(600 g uit die skulp)
hand vol pietersielie, gekap
METODE
1 Week die saffraan in genoeg kookwater om dit net te bedek. Hou eenkant.
2 Soteer die uie en knoffel vir 5 min. in die matig verhitte olie tot deurskynend.
3 Sif die meel by en roer vir 3 min. totdat al die olie geabsorbeer is.
4 Gooi die visaftreksel geleidelik by om ’n gladde sopmengsel te vorm.
5 Voeg die saffraan en room by en geur na smaak. Sit die deksel op en prut vir 15 min.
6 Verhit solank die wyn oor hoë hitte in ’n ander middelslagkastrol. Sit die mossels in die wyn, bedek en stoom vir ± 6 min. tot al die mossels oop is. Verwyder die enkeles wat dalk toe bly.
7 Dreineer die mosselvloeistof en voeg by die sop. Laat die mossels afkoel, haal uit die
doppe en voeg by die sop. Prut vir 2 min.
8 Garneer met die pietersielie en sit voor met Franse brood.
BRON: Dea Rossouw
FOTO: flickriver