VINNIGE EN MAKLIKE KLAPPERYS
BRON: Anton Fourie
FOTO: Pearl Van Der Walt
FOOD LOVERS RECIPES
390 g blik kondensmelk
500 g pak versiersuiker
400 g (5 x 250 ml) klapper
5 ml vanilla geursel
pienk voedsel kleursel
Meng eerste 4 bestanddele goed saam (Mengsel sal baie styf wees).
Deel mengsel in twee en meng in een mengsel die voedselkleursel.
Skep eers die wit mengsel in ‘n gesmeerde bakplaat en maak mooi gelyk – druk effens vas.
Skep dan die pienk mengsel bo-op die wit mengsel en maak ook gelyk – druk ook effens vas.
Plaas in yskas om te stol.
Sny in klein blokkies en bêre in lugdigte houer.








