THEO SE BABA AARTAPPEL EN PIESANG GEBAK
Genoeg klein aartappeltjies om los onder in ‘n groterige oondbak in te pas.
1 groot opgekapte groenrissie
½ opgekapte ui
400g opgekapte sampioene
1 pakkie potato bake van jou keuse
2 piesangs in dik ringe gesny
1 teelepel droeë oreganum
sout en peper na smaak.
Gerasperde kaas om bo-oor te strooi
Kook die aartappeltjies met skil tot net ¾ gaar. Geur die ui, groenrissie en sampioene met die oreganum, sout en peper en roerbraai tot gaar. Meng dit met die gaar aartappels in ‘n oondbak en voeg die aangemaakte potato bake daarby. Maak seker dat die vloeistof goed deur die bestanddele versprei is. Bak by 180ºC vir 20 minute. Haal uit en druk die piesangringe oral tussen die aartappels in. Stooi kaas bo-oor en plaas terug in die oond vir ‘n verdure 20 minute by 180ºC.
Bron: Theo Steyn
Foto: Adam Cloete.








