KEVIN SE HAM EN MIELIE PASTA
250g gaar pastaskulpies
500g opgekapte sampioene
300g ham in blokkies gesny
200g opgekapte bacon
1 x 410g blikkie heel mielies gedreineer
170g blikkie fyn pynappel gedreineer
3 eetlepels worchestersous
1 eetlepel chillisous
2 eetlepels BBQ speserye
1 eetlepel bruin suiker.
‘n handvol gerasperde kaas
sout en peper na smaak
Meng die worcestersous, chillisous, BBQ speserye en bruin suiker om ‘n sous te vorm en meng dit met die res van die bestanddele, behalwe die pasta. Geur met sout en peper en roerbraai dit oor medium hitte tot die bacon en sampioene gaar is. Meng die gaar pasta by die mengsel en plaas dit oor in ‘n oondbestande opdienbak. Stooi kaas bo-oor en rooster dit tot die kaas gesmelt is en verbruin.
Bron: Kevin Steyn
Foto: Adam Cloete.








