SUSAN SE AARBEIVERRASSING
1 verkoelde blikkie Ideal melk (Evaporated milk)
1 verkoelde blikkie kondensmelk
Sap van n halwe suurlemoen
2 pakkies aarbeijellie
1 t gelatien
500g vars aarbeie
Bespuit ‘n jelliering/vorm liggies met Spray ‘n Cook.
Maak aarbeijellie en gelatien aan met slegs ½ koppie kookwater en 1 k yswater. Laat afkoel. Klits Idealmelk en suurlemoensap tot dik en skuimerig. Klits verkoelde jelliemengsel en kondensmelk by. Pak vars skoongewaste aarbeie onder in jelliering en gooi mengsel bo-oor. Laat stol in yskas en keer om.
Bedien met roomys of room.
Bron en foto: Susan Snyman La Grange









Ek wil net se ek het die aarbei verrassing gemaak en gevind dat die warm water bietjie te min is vir die jellie, so ek het so bietjie ekstra bygesit en maak seker dit bly glad as dit begin afkoel sukkel mens om dit glad te kry. Maak ook seker jou ideal melk en suurlemoensap is styf geklits anders stol hy nie… ek sal die jellie en kondensmelk net invou met ‘n lepel en nie weer klits nie, dit is baie lekker as dit reg stol.