SUSAN SE AARBEIVERRASSING

 

2015-07-06-susanseaarbeiverrassingtested

SUSAN SE AARBEIVERRASSING
1 verkoelde blikkie Ideal melk (Evaporated milk)
1 verkoelde blikkie kondensmelk
Sap van n halwe suurlemoen
2 pakkies aarbeijellie
1 t gelatien
500g vars aarbeie

Bespuit ‘n jelliering/vorm liggies met Spray ‘n Cook.
Maak aarbeijellie en gelatien aan met slegs ½ koppie kookwater en 1 k yswater. Laat afkoel. Klits Idealmelk en suurlemoensap tot dik en skuimerig. Klits verkoelde jelliemengsel en kondensmelk by. Pak vars skoongewaste aarbeie onder in jelliering en gooi mengsel bo-oor. Laat stol in yskas en keer om.
Bedien met roomys of room.
Bron en foto: Susan Snyman La Grange