SOET SUUR PASTA A LA EKKE
BESTANDELE
1 pak Pipe Regate of Fusilli pasta (of enige wat jy verkies) gekook tot al’dante en afgekoel
Braai liggies saam:
1 medium ui vyn gekap
2 groot ghirkens fyn gekap
1/2 bell pepper vyn gekap (verkieslik geel of rooi)
1/2 pak bacon bits (optioneel)
Sout
Peper
1/4 tl paprika
1/2 tl italian herbs
Bietjie olyf olie
Moenie pap braai nie.
Vir die sous kan jy Royco sweet & sour pakkie (aangemaak) gebruik of sousie maak as volg:
2/3 koppie heuning
150ml asyn of vars suurlemoen sap
2 tl suiker
1 tl vars gemaalde gemmer
1tl sterk mostert
50 ml olyf olie
METODE
Verhit op lae hitte tot als goed saam gemeng is.
Voeg die gebraaide bestanddele by jou sousie en meng goed.
Laat dit afkoel tot koud en meng dan by die pasta in. Sit dit in die yskas vir ten minste ‘n uur voor jy feta kaas oor strooi en bedien.
BRON/FOTO: Cecilia Tazz Addyman








