ONTBEEN ‘N HEEL HOENDER
Foto en wenk: Hugo Taljaard
FOOD LOVERS RECIPES
Ek wil vandag een van my groot geheime met julle deel. Dit kom van dae se navorsing. Dis n tegniek, en nie n resep nie, en as jy dit kan doen, word jy ‘n “instant” sjef, of jou familie en vriende sal so dink.
Let wel op die volgende:
Ek sit die skakel op van die video wat my geleer het om dit te doen, ek het seker 10 verskilende maniere probeer, die is die maklikste en beste.
https://jp.foundation/video/deboning-a-chicken-for-galantine
Jou eerste probeerslag vat so 30 min, ek doen dit al onder 5 min.
Probeer sy resep, koop daai boksies geroomde spinasie en feta mengsel, ek en die kinders het nie van spinasie gehou nie, maar die resep is fantasties.
Ander goed wat ook baie lekker werk is: spinasie, Feta, ham en kaas, of net ham en kaas, of songedroogte tamaties.
Die video is 10 min lank, dis nie ‘n slegte idee om data te hê nie, anders mag dit jou dalk kos.
Die sjef se naam is Jaques Pepin, een van die wêreld se bestes, hy’t al kos gekook vir die Amerikaanse presidente.








