SJOKOLADE SOUS-STROOP
(vir roomys en om warm melk drankies te maak)
2 koppies suiker
1 koppie water
6 eetlepels kakao
Meng boonste bestanddele saam in kastrol tot daar geen klontjies is nie.
Voeg by:
Knippie kremetart
Knippie sout
1 teelepel botter
Kook alles saam vir ten minste 5 minute.
Voeg 1t vanilla geursel by nadat dit afgekoel het en roer goed. As dit heeltemal koud is gooi in glasbottel met prop en hou in yskas.
Hierdie sous werk perfek om oor roomys te bedien en gooi by warm melk na smaak om ‘n warm sjokolade melk drankie te maak.
**Wenk: verdubbel die resep!
Bron: Elsabie Templeton








